Poes

Hierdie artikel handel oor die woord in Afrikaans. Vir die NASA-projek, sien Polar Operational Environmental Satellites.

Poes is 'n obsene woord in Afrikaans wat na die menslike vulva (eksterne vroulike geslagsorgane) verwys.[1] Dit is die direkte ingebruikneming van die Nederlandse woord poes wat na 'n wyfiekat verwys. Daar kan ook verwys word na die korrelasie tussen die Afrikaanse gebruik van die woord poes en die Engelse gebruik van die woord puss of pussy wat ook na die vroulike geslagsdele verwys. Dit is gewoonlik onaanvaarbaar om die woord in formele of beskaafde geselskap te uiter.

Die woord "poes" kom gereeld in Kaapse bendetaal voor, waar dit na persone kan verwys ("'n regte poes wees", "iemand vir 'n poes vat" - 'n flous wees, iemand vir 'n dwaas neem) of as 'n uiting van woede kan dien ("jou ma se poes").[2][1]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hat
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named paterson

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search